T: +27 (0)11 470 6840

Daniël Hoffmann

 

In 2010 het hierdie jong man van Witbank hoogtes bereik op stêr kwaliteit reg oor die land. Sy hoof treffer “Soen my op my boepie” geskryf deur Hennie Nel, het al die bestandele gehad en het ‘n treffer geword onder oud en jonk. Het n lekker ritme, die regte woorde en uitstekende instrumente soos konsertina`s wat gespeel word deur Dries Laas. Daniël Hoffmann is al in die musiek bedryf vir sewe jaar. 

Sy geluk het gedraai toe hy op die verhoog op tree saam met die twee “Country Legends” Billy Forrest en Bobby Angel wat sy talent agter gekom het en by Maart 2010 sy eerste CD “Nat Agter Die Ore” vrygestel het met die treffer “Soen my op my Boepie” wat op sewe radio stasies die Top 10 behaal het in die eerste 3 maande van die CD vrystelling. Daniël se musiek video was ook aangevra deur Jukebox (Kyk-Net) en Daniël was ook n gas op Jukebox saam Kurt Darren, Ricus Nel en Arno Jordaan, asook op DKNT en ETV – Sunrise program. Daniël se CD was ook genomineer vir Huisgenoot Tempo toekening vir die beste kuier CD van die jaar in 2010. 

Voordeel vir Daniël is sy Musiek Video “Soen my op my boepie” speel die bekende Akteur/Sanger Vaaitjie van “Molly en Wors” in die musiek video asook die Penkoppe wat ook die toekenning gevat het by die Huisgenoot Tempo toekenning wat n lekker atmosfeer van boere musiek skep wat self die video al tot die hoogtes toe vat. Die goeie einskappe van Daniël Hoffmann is hy is eerlik en respekterend, maar moet nie fout maak nie op die verhoog kom die energie en self gemotifeerde kustenaar uit wat beslis die mense sal laat op staan, saam sing en dans. Die “Nat agter die ore” outjie Rock. Daniël Hoffmann is tans woonagtig in Richardsbaai. 

Na die sukses van sy 2de album “Vat ‘n Kans” is Daniël Hoffmann tans besig met ‘n nuwe album by sy nuwe Plaatematskapy “CMP- Cool Music Productions” 

En die album gaan die album wees van die jaar, met Nuwe Songs van ongelooflike liedjie skrywers en Producers, gaan die album vir niks terug staan. Daniël beplan ook n toer om die album vry te stel. 

Daniël Hoffmann se Musiek Video Soen my op my Boepie kan op Youtube gekry word die video staan alreeds op - 247,538 views. 

Daniël Hoffmann is definitief ‘n Kunstenaar vir enige van jou Funksies met sy great Verhoog persoonlikheid en humor. Hy sal enige gehoor op hulle voete hou. Daniël het al reeds ‘n onderhoud op ETV se Sunrise oggend nuus program gehad en was al een van Fiesta Kyknet se gaste waar hy by die Dolos Fees (Richardsbaai) opgetree het 1-3 Mei 2014 en hulle het een van sy nuwe songs opgeneem wat op Fiesta verskyn het, dan Jukebox en vele meer wat gaan kom in 2016. 

Daniël Hoffmann is ook op die volgende kompilasie CD’s “Grapjas VOL1 en VOL2” saam groot name soos Robbie Wessels, DJ Ossewa, Pieter Koen om maar net n paar name te noem. Daniël is ook op die nuwe kompelasie CD en DVD “Balke Toe 4”, En die “Afrikaanse Grootste Sokkie Treffers Vol 8”, “SKUURDANS TREFFERS CD”, die nuutste “2012 ‘N DEKADE PLUS TWEE AFRIKAANSE TREFFERS VOLUME 4 DVD”, “Groter as ooit Boeretreffers” en die nuutste is “BOEREMUSIEK ANNIBRAND”. 

Daniël het ook al in verskeie tydskrifte verskyn

Featured Youtube

Twitter

Request Information