T: +27 (0)11 470 6840

Francois & Elizabeth

 

Francois en Elizabeth sing reeds sedert hulle studentejare in Pretoria saam. Met die weghol sukses van hulle eerste goue treffer "Wil jy dans Carina" , het Francois en Elizabeth se musiekloopbaan oornag vlerke gekry 

Francois en Elizabeth woon op Parys in die Vrystaat. Hulle het vier kinders: Andre (skoonseun) en Liezl, Chris (skoonseun) en Minnette, en ook 'n kleinseun, Johan. Francois hèt 'n "regte" werk as eiendoms ontwikkelaar - terwyl Elizabeth die liedjies skryf, en die konsert-kantoor hanteer. 

Musiek neem hulle op ver paaie deur Suid-Afrika en sy buurlande. Op Aardklop , die KKNK en ander Kunstefeeste , was hulle deel van die Stoep-storie span, en het Elizabeth verskeie kinderproduksies aangebied . Francois en Elizabeth is verskeie kere uitgenooi om oorsee op te tree, onder andere in Nederland, Duitsland, en Australië.  

Francois en Elizabeth is gereeld op  TV te sien,  in programme soos Noot vir Noot , ROER! , JAM, Kwêla en JUKEBOX. Daar is verskeie toekennings deur die SAUK Voortrekkers Vroue Landbou Unie , die ATKV en Rapportryers . Op ‘n optrede in Amsterdam , is hulle met ‘n spesiale toekenning vereer deur die Nederlandse Vereniging vir die Bevordering van die Afrikaanse Taal. 

 

Francois en Elizabeth lê hulle toe op ‘n wye verskeidenheid van ligte musiek, geestelikemusiek en kinderliedjies. Van hierdie albums spog met toekennings en nominasies deur die SAUK, die ATKV, VONK, RAPPORT en HUISGENOOT TEMPO. Sewe van Elizabeth se liedere is opgeneem in die nuwe F A K Sangbundel. Elizabeth se nuutste kinderalbum, SAAMSINGLIEDJIES, is pas uitgereik en opgedra aan hulle eerste kleinkind, Johan.'n DVD, HARTSPORE, bevat die beste van 21 jaar se trefferliedjies. Francois en Elizabeth se nuutste album, HEMELDANS, is 'n kombinasie van nuutste en gewildste ligte sowel as geestelike treffers.

Met 'n kwaliteit van musiek wat die toets van die tyd weerstaan het, en met sprankel-persoonlikhede wat hulle geliefd maak by elke gehoor, is Francois en Elizabeth welverdiend deur 'n vroue-tydskrif as die beste sangpaar in Suid Afrika aangewys.  

Francois en Elizabeth se lewens uitkyk is een van vreugde. Hulle glo daaraan om die beste van elke dag te maak, en om met elke optrede, hulle gehoor te inspireer om die lewe te waardeer.    

Jesusliedjies 2, Hartspore DVD, Saamsingliedjies, Somerkersfees & Hemeldans is alles albums wat deur CMP (Cool Music Productions) verwerk en opgeneem is.

 

Featured Youtube

Twitter

Request Information