T: +27 (0)11 470 6840

Kalisto

 

 

Kalisto Erries bestaan uit ’n groep lewendige energieke studente van Ermelo Hoërskool wat wat weekliks bymekaarkom vir lofprysing, gebed en getuienisse. Die groep het ook ’n lofspan wat nou onlangs hulle eerste DVD ”Sonskynkind” by Cool Music Productions opgeneem het. Al die liedere op die DVD is nuutgeskryf deur leerders en onderwysers van die skool. Die visie hiervan het ’n paar jaar gelede ontstaan toe een van die lede in die groep ’n visioen gehad het van ’n klippie wat in de water val en waarvan die rimpelings wyer en wyer uitkring. Hierdie DVD is vir ons simbolies daarvan dat ons Jesus se lig wyer en wyer wil laat kring na die res van die land en ander skole. Die liedere op die DVD kan deur skole en kerke gebruik word tydens lofprysingsgeleenthede. Ons daag ook skole uit om saam met ons vir die onderwys en ons land te bid. Kalisto beoog om elke jaar met die nuwe jaar se groep 'n DVD te maak.

Featured Youtube

Twitter

Request Information