T: +27 (0)11 470 6840

Karlien Husselman

Karlien Husselman

STUDIO INTERVIEW

WAAR HET ALLES BEGIN?

Karlien het groot geword in die Kaap. Sy was deel van haar Skoolkoor, Eistedfods gedoen van ‘n jong ouderdom en weggestap met talle pryse.
Sy het hoofrolle gekry in sangblyspele op skool en reeds op skool mense se harte gesteel met haar diep, warm stem, en energievolle en sprankelende persoonlikheid.
Karlien het sang en blokfluit as vak op skool geneem en met ‘n A vir haar sang en ‘n B vir haar blokfluit op haar rapport aan die einde van haar matriek jaar weggestap.

IDOLS
Karlien het met die EERSTE SUID-AFRIKAANSE idols kompetisie in 2002 geslaag tot die Top 25 in die Kaap, daarna is sy na Sun City toe om verder deel te neem. Sy vorder tot die top 100 in die land en daarna die top 50. Sy eindig 12de en mis die top 11 met 0,039%.

2004 

Karlien maak haar eie demo wat sy op KKNK vrystel na Idols. Sy tree op Huisgenoot se hoofverhoog op en deel die verhoog met Heinz Winkler en ander bekendes.

 

Haar debuut album NIEMAND NOG SOOS JY, behaal goue status met verkope oor die 25 000 eenhede. Met treffers soos: Carolientjie soek ‘n man, Ahoema Shewelana, Paddastoelsong, Heidi en Niemand nog soos jy. Die album verkoop nou nog in die winkels. 

RADIO

Talle Radio onderhoude het gevolg, en sy het veral groot terugvoering op RSG se radiostasie gekry met 1000de oproepe wat na Maroela kantoor ingestroom het. Selfs die Wêreldkoerant het hieroor geskryf.

Na KKNK, talle radio onderhoude en ‘n Nommer 1 treffer met Rosie van die Vrystaat, op Radio Rosestad in Bloemfontein het  Karlien se lewe drasties begin verander. Sy het skielik besef sy is elke naweek vol geboek en selfs optredes in die week het in gestroom.

Hoogtepunte van 2005

  • Bloemfees
  • Ellisras voorskou vir Thys die Bosveldklong en Gerrie Pretorius.
  • Volksbladkunstefees saam met Kurt Darren, Nicholis Louw en Guillaum.
  • Ventersdorp skou
  • Wiesbaden Bloemfontein
  • Middelburg
  • Gariepfees
  • Citrusdalskou
  • Aardklop
  • Kraaifontein Oktoberfees
  • Pietersburgskou – Voorskou vir Kurt Darren
  • Desember 2005 toer Karlien deur Struisbaai, Mosselbaai, Knysna en Margate.

ALGEMEEN

2006

  • 31 Maart 2006 – Karlien verskyn op “Dis hoe dit is met Steve”.
  • Neem ‘n duet op saam met Thys die Bosveldklong
  • Deel die verhoog met Shine 4, Christo en Cobus, Pieter Smith en Pieter Koen.
  • Sy tree weer by groot feeste op:
  • Bloemskou
  • Brackenfell Musiekfees
  • KKNK
  • Innibos Kunstefees Hoofverhoog te Nelspruit saam met Pieter Smith, David Kramer, Dr Victor en die Rasa Rebels, Shine 4 en Coleske broers.
  • Oppi Vaal fees
  • Internaisonale Rugbyfees Natal
  • Rittelfees Vredendal
  • Sabi Musiekfees
  • Kalahari Kuierfees – Upington

HOOGTEPUNTE IN KARLIEN SE LOOPBAAN

  • Karlien tree by verskeie geleenthede ten bate van “Hospice”, sedert sy ‘n vriendin van Walvisbaai (Jackie) op 13 jarige ouderdom sien sterf het aan kanker.
  • Nashua jaareindfunksie saam met Zain Adams.
  • Braviro ATKV Afrikaanse Sangkompetisie : 2de Plek
  • Reach for the stars : 1 ste plek in die Wes-Kaap met haar eie Afrikaanse komposisie “Onthou jy”.
  • Struisbaai: Cape L’Augalus : voorskou vir Amor Vittone
  • Wen Gemini Sangkompetisie by Wynland Restaurant in die Kaap.
  • Karlien tree op in die 100ste episode van Lirieke raai aangebied deur Solly Philander.
  • Karlien was ook genomineer vir ‘n GHOEMA vir beste COUNTRY album.

HUISGENOOT BOEREWORS KOMPETISIE / SHOPRITE CHECKERS

  • IN 2004, 2005 en 2006, tree Karlien by Huisgenoot se Boereworsdag op by Sun City.  Sy word genooi saam met 7 de Laan akteurs om as gaskunstenaar te verskyn by die geleentheid.
  • Karlien ontvang kaartjies as eregas na Skouspel en hoop om die geleentheid te kry om daar te kan optree.

2007

  • Karlien word bestempel as S.A se jodelkoningin deur die media.
  • Karlien bring haar tweede album “Wees vir my” uit met treffers soos: Wees vir my, Come what may, Lost in France en Dis blou sonder jou.

2008

  • Karlien toer deur die land en tree op by verskeie groot feeste.

2009

  • Karlien bring haar 3 de album MY WENS VIR JOU uit wat genomineer is vir ‘n VONK toekenning as beste kontemporêre album saam met Andriette Norman, Cheree ens.

2010

  • Karlien bring haar 4 de album Hier’s my hart uit. Met treffers soos: In my drome, Sing jou hart van liefde, Somerson Partytjie en Hier’s my hart.
  • Karlien tree op – op verskeie feeste waar sy die verhoog met nog vele groot name deel soos, die Cambells, Bobby van Jaarsveld, David Fourie, en so kan die lys aangaan.
  • Karlien word ‘n aanbieder op TOP TV, sy behartig die program ONS GESELS MET….

2011

  • Karlien toer deur Suid-Afrika, verskyn op verskeie televisie programme soos JUKEBOX en DKNT.

2012

  • Karlien stel haar 5 de album HUNKY DORY vry, by VONK Musiek. Haar liedjie Ditto tref talle radiostasies, en word goed ontvang. Haar treffers op hierdie album is… EEN SOOS JY, FOTO-ALBUM, ROOI, MIS JOU en DITTO. Haar liedjies Sing jou hart van liefde en DITTO word op KYKNET MUSIEK gespeel.

2013

  • Karlien verskyn op DKNT, MORNING LIVE vir Afrikaanse Musiekfees te Carnival City, en verskyn weer op JUKEBOX.  Ditto en Sing jou hart van liefde, haar musiekvideo’s speel ook op Jukebox.
  • Karlien ontmoet vir Laurika Rauch, sy se vir Karlien : “Jou werk is puik.”
  • KURT DARREN neem sy liedjie Heidi op, en vra Karlien om te jodel op sy liedjie. Die liedjie maak groot opslae.
  • Karlien verskyn op TOKS EN TJOPS, saam met Ryk Neethling.
  • Haar liedjie EEN SOOS JY, het op Oosrand-Stereo onder die top 10 beland en was vir 3 weke op nommer 1.
  • Ditto het op VCR 90.6, se TOP 20 ook op nommer 1 beland. Karlien kry 14 April 2014 ‘n toekenning vir haar liedjie DITTO by Barnyard Vereeniging.
  • Neem Jerusalem op saam met JOE F, op die Kersfees gaan groot album, by VONK Musiek.

TYDSKRIFTE EN KOERANTE WAARIN KARLIEN AL VERSKYN HET….

  • Tempo
  • Huisgenoot
  • Rooi rose
  • Vrouekeur
  • Get it magazine
  • Die Sondag koerant
  • Die Burger
  • Die Rapport

Radiostasies waarop Karlien welslae behaal het met haar liedjies

  • Oosrand Stereo
  • VCR
  • Radio Rippel
  • Radio Kragbron
  • RSG
  • Hosa Radio
  • Bokradio

En vele meer…..

2014

  • Carnavil City – Afriganza
  • Dubbel album word opgeneem en vrygestel
  • Kaapse toer

Karlien word swanger met haar eersteling April 2014, en skenk geboorte aan haar pragtige dogtertjie Karlishé Cronje op 5 Desember 2014. In hierdie tyd skryf Karlien meer as 200 liedjies, en haar sesde album word einde 2015 vroeg 2016 vrygestel.

Karlien is tans deel van Cool Music Produksies en haar heel nuutste Country album sal vroeg 2016 beskikbaar wees

 

Featured Youtube

Twitter

Request Information