T: +27 (0)11 470 6840

Armand Joubert

Kyk hier na die CD Vrystelling

ALBUM LAUNCH

STUDIO INTERVIEW

Op die ouderdom van 5 het Armand se ma Janneke agter gekom dat die jong man talent het. Armand se heel eerste lied wat hy gesing het was Tiny Bubbles van Don Ho.

So het Armand op die ouderdom van 5 af begin sing en op die ouderdom van 9 het hy begin optree by troues, winkel sentrums en het ook die verhoog saam met country sanger Alan Ladd gedeel. Hy het liedjies gesing soos Crazy, Save Me, Ring Ring, Waterloo, Midnight Special en nog vele meer. Armand het skool gegaan in Laerskool Klipfontein Witbank waar hy baie prestasies behaal het met sang (solo) en koor. Hy het Silver, Goud en Diploma ontvang vir “Vocal Perfomance” en het ook Hoof Rol gespeel in skool produksie, hy was St Lancelot waar hy groot liedjies gesing het soos All I Ask Of You (Phantom Of The Opera) en Somewhere Over The Rainbow.

Op Hoërskool was Armand net vir n jaar in Hoërskool Generaal Hertzog en het toe Tuis-Onderig begin doen sodat hy sy drome kan volg. Armand was in 2011 die wenner van Brazen Head Idols en het in 2012 met 2de plek in Bay City Idols behaal. Armand het begin in Koerante en Tydskrifte soos Witbank Nuus, Gazette en in Get It Magazine verskyn toe die groot nuus uitkom dat hy die “Opening Act” vir 4 Werke (Nicholis Louw, Elizma Theron, Monique en Ray Dylan) is.

Armand het op 14 September 2012 n gehoor van 2000 weggeblaas toe hy die voorshow gedoen het vir 4 werke. Media het die volgende van Armand gese: “Armand het beslis n hele paar nuwe aanhangers bygekry na sy vertoning. Met sy energieke styl en stem wat maklik met die van Chris Chameleon vergelyk kan word, word daar nog groot dinge vir die jong kunstenaar voorspel”.  Armand se pa Henk Joubert het n groot invloed op Armand se loopbaan, hy is sy Bestuurder en toer orals saam hom. Hy spandeer meeste van sy tyd om Armand se loopbaan n sukses te maak, Henk is n trotse pa.

In 2013 het Armand regoor Suid Afrika opgetree. Van Firkins  tot in Snt Helenabaai. Armand was ook in n Duo groep gewees saam met n baie talentvolle dame Louca, saam was hulle Kruisbande en het regoor die land opgetree. Armand het begin leer guitar en klavier speel en het ook sy liedjies begin geskryf waar hy oor die 90 demos al opgeneem het. Dit is ook dan nog n passie vir die jong sanger. Om n recording artist te wees en producer. Armand en Henk (pa) het saam gespring en besluit om vir hom sy eie ateljee te kry, dit is ook dan by sy huis waar dit vir hom gerieflik is om enige tyd te werk.

Armand het besluit om in 2014 nie baie op te tree nie sodat hy kon fokus om te kan groei as kunstenaar. Hy het sanglesse begin neem by bekende sanger Jacques Terre’blanche en het ook sy eie liedjies begin opneem. Armand het baie geskryf en verwerk, hy het al oor die 130 liedjies geskryf waar hy ook saam met ander Kunstenaars gewerk het soos Jacques Terre’blanche, die legendariese Kupido en dan ook opkomende sangers en skrywers.

2015 hou baie groot verassings vir die jong sanger. Hy het sy heel eerste TV Debuut gemaak toe hy een van die voorsangers was by CRC Pretoria se revival week voor n gehoor van 5000, dit het uitgesaai op Faith Broadcasting Network 341 op DSTV en is ook besig om sy verskyning te maak op nuwe musiek program “Dinsdag Deuntjie” waar hy ook saam met Kunstenaars optree soos Anders, Abel Knobel (NRG) en Joshua Na Die Reen by CMP Live in Roodepoort. Tans neem Armand op by Cool Music Productions na dat hy geteken is in Julie 2015, hy hom omring homself  saam met suksesvolle kunstenaars (vriende)  soos Nicholis Louw, Cheree en Wynand Strydom, Kyle Grant(Adam), David Four en vele meer. Hierdie is n groot jaar vir Armand Joubert waar hy sy eerste album tans  opneem. Bekende Mauri Moster gee hom ook dan nou sanglesse.

Featured Youtube

Twitter

Request Information