T: +27 (0)11 470 6840

Chrisna de Bruin

 

Tans ‘n 23-jarige onderwyseres by L/S Elarduspark in Pta.

Landswye algehele wenner van Radio Kansel Tehila-kompetisie 2010.

Hoofkunstenaar tydens lewendige radio uitsending van Radio Kansel se Hemelvaartdiens 2011.

Backing vocals vir kunstenaars se CD’s: Du Preez Stoltz, Vera-Marie, Jan de Wet, Nicholas Louw, Burgert en Zita, Protrax en Tobie Jooste se nuutste cd.

Sing 3 solosnitte op Alles Afrikaans CD – projek van Christiaan Kritzinger en Electromode.

Televisie-onderhoude: 28 Maart 2011 - “Heartbeat” Kanaal 8;

KykNet Aktueel – Flits 18 Junie 2015 (Bouwer Bosch en DinsdagDeuntjie)

Oorspronklike liedjies: Sneeu in Johannesburg (Waldo Greeff); Maskers, Klippies, Net-net te laat (Chrisna en Carlé van Deventer se komposisies).

Steyn Fourie skryf vir haar die liedjie: “Dis net Hy”, wat sy saam met Ghapi en orkes opneem vir CD “Unlimited”.

Optredes: Toyota Marketing day, Liedjieboer, Middelburg wildsfees, Tonteldoosfees, Oppiplaasfees 2011 (saam met kunstenaars soos Charlize Berg, Manie Jackson, Ray Dylan, Jakkie Louw, Nicholas Louw), Damesoggende, News Café Moreletapark, Kerkdienste en CANSA.

Armand Joubert

Kyk hier na die CD Vrystelling

ALBUM LAUNCH

STUDIO INTERVIEW

Op die ouderdom van 5 het Armand se ma Janneke agter gekom dat die jong man talent het. Armand se heel eerste lied wat hy gesing het was Tiny Bubbles van Don Ho.

So het Armand op die ouderdom van 5 af begin sing en op die ouderdom van 9 het hy begin optree by troues, winkel sentrums en het ook die verhoog saam met country sanger Alan Ladd gedeel. Hy het liedjies gesing soos Crazy, Save Me, Ring Ring, Waterloo, Midnight Special en nog vele meer. Armand het skool gegaan in Laerskool Klipfontein Witbank waar hy baie prestasies behaal het met sang (solo) en koor. Hy het Silver, Goud en Diploma ontvang vir “Vocal Perfomance” en het ook Hoof Rol gespeel in skool produksie, hy was St Lancelot waar hy groot liedjies gesing het soos All I Ask Of You (Phantom Of The Opera) en Somewhere Over The Rainbow.

Op Hoërskool was Armand net vir n jaar in Hoërskool Generaal Hertzog en het toe Tuis-Onderig begin doen sodat hy sy drome kan volg. Armand was in 2011 die wenner van Brazen Head Idols en het in 2012 met 2de plek in Bay City Idols behaal. Armand het begin in Koerante en Tydskrifte soos Witbank Nuus, Gazette en in Get It Magazine verskyn toe die groot nuus uitkom dat hy die “Opening Act” vir 4 Werke (Nicholis Louw, Elizma Theron, Monique en Ray Dylan) is.

Karlien Husselman

Karlien Husselman

STUDIO INTERVIEW

WAAR HET ALLES BEGIN?

Karlien het groot geword in die Kaap. Sy was deel van haar Skoolkoor, Eistedfods gedoen van ‘n jong ouderdom en weggestap met talle pryse.
Sy het hoofrolle gekry in sangblyspele op skool en reeds op skool mense se harte gesteel met haar diep, warm stem, en energievolle en sprankelende persoonlikheid.
Karlien het sang en blokfluit as vak op skool geneem en met ‘n A vir haar sang en ‘n B vir haar blokfluit op haar rapport aan die einde van haar matriek jaar weggestap.

IDOLS
Karlien het met die EERSTE SUID-AFRIKAANSE idols kompetisie in 2002 geslaag tot die Top 25 in die Kaap, daarna is sy na Sun City toe om verder deel te neem. Sy vorder tot die top 100 in die land en daarna die top 50. Sy eindig 12de en mis die top 11 met 0,039%.

2004 

Karlien maak haar eie demo wat sy op KKNK vrystel na Idols. Sy tree op Huisgenoot se hoofverhoog op en deel die verhoog met Heinz Winkler en ander bekendes.

Franna Benadé

Franna is op Nylstroom in die Noordelike Provinsie gebore in die jare toe die ‘hippies’ hoogty gevier het. Hy het van baie kleins af ‘n buitengewone liefde vir musiek en spesifiek sing, getoon en het onder leiding van sy ma vir baie jare in die skoolkoor gesing. Hy was ook maar net 'n gewone seun en onthou maklik die dag toe hy ‘n vreeslike ontmoeting met Moeder Aarde gehad het, nadat ‘n gholfstok wat op sy rug in ‘n sak was, uitgegly en in die speke van sy fiets teen ‘n hoë spoed beland het. Selfs hul tuinier het ligte skok opgedoen toe hy sien hoe Franna ‘neerkom’.

Franna het in 1985 saam met sy broer Innes hul eerste groot musiekkompetisie gewen het, nl. ATKV Crescendo en daarna in 1987 het hul ook die TV Debuut-kompetisie gewen. Hierna het ‘n verskeidenheid van Langspeelplate gevolg. Franna en Innes het saam derduisende kilometers afgelê na optredes en het later vernuftig geraak in hul verskonings aan die verkeersbeamptes hoekom hulle al weer te vinnig gery het.

Franna het in 1992 sy eerste solo-CD gemaak waarna ‘n hele paar ander gevolg het – ook geestelike CD’s. Deur die jare van sy sangloopbaan, het hy kennis gemaak met kosbare Suid-Afrikaners in Staatsteateroptredes, Radio-onderhoude, Groot-verhoog-optredes, kerk- en skoolsale, buitelugoptredes, modeparades, skoonheidskompetisies, talentkompetisies, damestee’s, manne-ontbyte, manne- en vrouekampe, hospitaalbeddens, gevangenes, kabinetministers, verafgeleë dorpies … en so kan ons aangaan … maar tasbaar is steeds die herinnering aan die dag toe hy sy grootste rolmodel, Jesus Christus, ontmoet het. Hierdie kennismaking het sy lewe verander.

Kalisto

 

 

Kalisto Erries bestaan uit ’n groep lewendige energieke studente van Ermelo Hoërskool wat wat weekliks bymekaarkom vir lofprysing, gebed en getuienisse. Die groep het ook ’n lofspan wat nou onlangs hulle eerste DVD ”Sonskynkind” by Cool Music Productions opgeneem het. Al die liedere op die DVD is nuutgeskryf deur leerders en onderwysers van die skool. Die visie hiervan het ’n paar jaar gelede ontstaan toe een van die lede in die groep ’n visioen gehad het van ’n klippie wat in de water val en waarvan die rimpelings wyer en wyer uitkring. Hierdie DVD is vir ons simbolies daarvan dat ons Jesus se lig wyer en wyer wil laat kring na die res van die land en ander skole. Die liedere op die DVD kan deur skole en kerke gebruik word tydens lofprysingsgeleenthede. Ons daag ook skole uit om saam met ons vir die onderwys en ons land te bid. Kalisto beoog om elke jaar met die nuwe jaar se groep 'n DVD te maak.

Francois & Elizabeth

 

Francois en Elizabeth sing reeds sedert hulle studentejare in Pretoria saam. Met die weghol sukses van hulle eerste goue treffer "Wil jy dans Carina" , het Francois en Elizabeth se musiekloopbaan oornag vlerke gekry 

Francois en Elizabeth woon op Parys in die Vrystaat. Hulle het vier kinders: Andre (skoonseun) en Liezl, Chris (skoonseun) en Minnette, en ook 'n kleinseun, Johan. Francois hèt 'n "regte" werk as eiendoms ontwikkelaar - terwyl Elizabeth die liedjies skryf, en die konsert-kantoor hanteer. 

Musiek neem hulle op ver paaie deur Suid-Afrika en sy buurlande. Op Aardklop , die KKNK en ander Kunstefeeste , was hulle deel van die Stoep-storie span, en het Elizabeth verskeie kinderproduksies aangebied . Francois en Elizabeth is verskeie kere uitgenooi om oorsee op te tree, onder andere in Nederland, Duitsland, en Australië.  

Francois en Elizabeth is gereeld op  TV te sien,  in programme soos Noot vir Noot , ROER! , JAM, Kwêla en JUKEBOX. Daar is verskeie toekennings deur die SAUK Voortrekkers Vroue Landbou Unie , die ATKV en Rapportryers . Op ‘n optrede in Amsterdam , is hulle met ‘n spesiale toekenning vereer deur die Nederlandse Vereniging vir die Bevordering van die Afrikaanse Taal. 

Daniël Hoffmann

 

In 2010 het hierdie jong man van Witbank hoogtes bereik op stêr kwaliteit reg oor die land. Sy hoof treffer “Soen my op my boepie” geskryf deur Hennie Nel, het al die bestandele gehad en het ‘n treffer geword onder oud en jonk. Het n lekker ritme, die regte woorde en uitstekende instrumente soos konsertina`s wat gespeel word deur Dries Laas. Daniël Hoffmann is al in die musiek bedryf vir sewe jaar. 

Sy geluk het gedraai toe hy op die verhoog op tree saam met die twee “Country Legends” Billy Forrest en Bobby Angel wat sy talent agter gekom het en by Maart 2010 sy eerste CD “Nat Agter Die Ore” vrygestel het met die treffer “Soen my op my Boepie” wat op sewe radio stasies die Top 10 behaal het in die eerste 3 maande van die CD vrystelling. Daniël se musiek video was ook aangevra deur Jukebox (Kyk-Net) en Daniël was ook n gas op Jukebox saam Kurt Darren, Ricus Nel en Arno Jordaan, asook op DKNT en ETV – Sunrise program. Daniël se CD was ook genomineer vir Huisgenoot Tempo toekening vir die beste kuier CD van die jaar in 2010. 

Featured Youtube

Twitter

Request Information